2014-09-30

Nola kry 'n oorslaapmaatjie....

Nou kyk, eintlik is daai Nola net so stout klein wettertjie, maar ek sukkel om haar vasgetrap te kry want sy't mos nou die sluwe, 7-jarige Pietie om haar al die ropes te leer. Nou is sy mos daai tyd in Liewe Heksie kleuterskool daar in Aggeneys. Min of meer dieselfde tyd as wat Pietie nou sy storietjie by die skool geskryf het oor sy lekker naweek. Nou is sy ook die tipe wat hou van so onderlangs stir en bietjie die pot roer. So sal ek hulle nou dophou deur die venster waar hulle nou byvoorbeeld krieket speel. Nou wil Nola saamspeel. Maar die seuns wil nou nie hê sy moet saamspeel nie. Dan hoor ek nou hoe sy in haar skril stemmetjie dreig om my te kom roep. Dan hoor ek hoe Pietie vir haar sê sy kan saamspeel dan moet sy veldwerk doen. Nee maar sy wil nie. Sy wil boul. Dan sê hy nou weer nee maar sy kan nie boul nie. Okay maar dan sal sy bat. Ten einde laaste laat hulle haar toe om te bat. Eerste bal wat Pietie boul is sy uit. Dan word almal weer gedreig met haar ma wat nou geroep gaan word. Dan gee Pietie in. Tweede bal ook uit. Herhaal 5 maal na mekaar. As sy dan nou hier met die sesde bal elke keer uitgeboul word, kom sy nou agter haar kanse is nou op. Dan hardloop sy weg met die bat. Game over. So julle kan nou agterkom met watter klas van gatkrapper het ons hier te doen.
Nou is hulle mos op die stadium waar hulle wil oorslaap by 'n maatjie. Nou dit was nou midde in die tyd wat daai pedofiel Gert van Rooyen en sy houvrou Joey Haarhoff links en regs kinders ontvoer het. Nou kyk, ek weet vir 'n feit dat enige mens wat eenvoudig genoeg is om Nola te ontvoer, haar na 'n halfuur sal terugbring. Maar nog steeds was ek maar versigtig. Mens wil nou nie 'n kans vat nie. So ek het nou nie 'n uitslapery ge-entertain nie. Ek het visioene gehad van pedofiele wat nog alkoholiste ook is en aan okkultiese sektes behoort en dwelms gebruik en swingers is met kluise vol gelaaide wapens. Alles nou daar in Aggeneys. Tussen Springbok en Pofadder. So my twee gebroedsels mag nie uitgeslaap het nie. Maar maatjies was baie welkom om by hulle te kom oorslaap.
So het Nola nou 'n beste maatjie gehad met die naam van Yolandé Schreuder. Dierbare dogtertjie. Oulike ouers. Ordentlike mense man! So wil Yolandé nou by Nola kom oorslaap. Waarmee ek geen probleem gehad het nie. Maar haar ma was bietjie huiwerig. Hulle is nog maar 5 jaar oud en die kind het nog nooit uitgeslaap nie. So oortuig ek die vrou ek sal heeltyd by wees. Ek maak hulle favourite kos en hulle kyk videos (voor dvd's), en bad saam en speel Barbies in die kamer en hardloop rond en eet snacks, man dit gaan te lekker. Hier teen 10 uur die aand is die ergste suiker en kleurstowwe en preserveermiddels uitgewerk en kom hulle nou uiteindelik tot ruste.
Seker so hier rondom middernag se kant toe word ek wakker van 'n jammerlike geween. Spring op, storm na Nola se kamer toe. Daar sit Yolandé histeries en ontroosbaar en huil. Die kind snik so ek kry niks uit haar uit nie. Nou vra ek vir klein Cruella wat het nou gebeur? Nee sy't nie 'n clue nie. So probeer ek die kind troos. Niks help nie. Na so uur toe besef ek ek sal haar maar moet terugvat huistoe. So bel ek maar die ouers en sê ek is nou baie jammer maar hier is nou moerse fout, en ek bring Yolandé terug na hulle huis toe. Nola, ewe besorgd, help pak en ry saam en kan nou gladnie verstaan wat aangaan nie. So vat ek haar terug en ons is terug by die huis en uiteindelik weer aan die slaap.
Volgende dag bel Yolandé se ma my. Nadat Yolandé nou gekalmeer het en uiteindelik na 5 ure opgehou huil het, vertel sy vir hulle wat gebeur het. Blykbaar het Nola haar hier in die middernagtelike ure wakker gemaak en vir haar gevra of sy weet hoekom haar ma-hulle haar toegelaat het om uit te slaap? Nee, sê sy, sy weet nie. O, sê nola, dis omdat hulle besig is om deur die nag te trek na 'n ander dorp toe, ver daarvandaan, en hulle wil haar nie saamvat nie. O, sê ek.
Nou kyk, duidelik is Yolandé nie iemand wat 'n grudge hou nie! Want hulle is nou altwee 30 jaar oud en groot buddies en Nola was so paar jaar gelede op Yolandé se troue op Vredendal! Selfs haar ouers het vir Nola gegroet.
Sent from my BlackBerry® wireless device



2014-09-29

Terug na Pietie...

So begin hy mos nou sy skooljare daar in die Boesmanland by Laerskool Aggeneys. Klein myndorpie. Alles behoort aan die myn. Die skool ook. Die Personeelbestuurder is ook sommer outomaties die Voorsitter van die Skool se Beheerliggaam. Heel toevallig is dit ook Pietie se pa. Nou weet julle mos, as 'n kind nou met obskure kneusplekke by die skool aankom, dan moet die onderwyseres mos nou ondersoek instel. Of as die kind nou snaakse goed kwytraak dan moet daar mos nou sekere rooi vlae opgaan. Maar Pietie vat daai een toe nou na die volgende level toe. Hy teken sommer vir die Juffrou prentjies en skryf 'n lekker storie daarby. (Julle weet mos nou al teen die tyd hoe innoverend en slim en taalvaardig hy is van geboorte af!).
So probeer ek mos nou my betrokkenheid by die skool tot die minimum beperk. Op daai stadium is Nola in Liewe Heksie Kleuterskool en het haar Juffrou so paar maande tevore 'n baba gehad. Die stomme vrou dink toe sy's oulik en stuur 'n foto van die baba in die klas om. Nadat al die ou kindertjies nou ge-oe en ge-aa het, vra die juffrou vir Nola wat SY dink van die nuwe baba. "Sy lyk nes 'n klein varkie". I rest my case. Die juffrou het my by die huis kom sien oor "Nola se uitgesprokenheid wat haar nog in warm water gaan laat beland". As ek maar geweet het dat die vrou eintlik 'n hedendaagse Nostradamus was, kon ek myself baie kak en hare gespaar het. So ek was toe heel benoud toe die kinders se pa by die huis kom en sê die Skoolhoof wil ons sien. Ek leef op daai stadium toe nog onder die illusie dat Pietie 'n dokter, 'n dominee of 'n prokureur gaan word. So kom ons by die Skoolhoof se kantoor, hier sit Pietie se Gr 2 onderwyseres ook, Juffrou Mosterd. Heel stug, let ek toe dadelik op. Die Skoolhoof uiter sy normale gatkruiperige gemeenplase teenoor die Voorsitter van die Beheerliggaam en elkeen kry sy sit. So uit die hoek van my oog vang ek Pietie se werksboek wat daar eenkant oop lê. Ek ontspan toe bietjie, vas oortuig hulle gaan ons nou meedeel dat hy maar Graad 2 kan skip en sommer reguit kan deurbeweeg na Standerd 3 toe. Toe nou nie.
So begin die Skoolhoof nou ewe verleë vir die Voorsitter verduidelik hoe netelige kwessie dit nou is en in hoe moeilike posisie hulle nou is en hoe almal nou oor dieselfde kam geskeer moet word bla bla bla. Na nog 'n halfuur toe word die werksboekie nou nader gesleep. Boonste helfte het hy geskryf en onderste helfte geteken. Nou kyk, die kind is geen Rembrandt nie. So deurmekaar prentjie van 'n grassnyer en 'n kruiwa en klomp stokmannetjies wat so bo-oor mekaar lê en dan was daar 'n vuur met iets wat lyk soos 'n braaivleisrooster met tjops op en lang gras en leë bottels en daar was blou wolke en 'n son en so 4 voëltjies. Bladsy mooi vol geteken. Maar toe ek die eerste sin lees, toe verstaan ek hoekom ons sit waar ons sit.
My klein skrywertjie val toe sommer dadelik met die deur in die huis: "My pa was die naweek weer lekker gesuip. Toe sê hy vir my: Gaan sny die gras. Toe sê ek vir hom: sny jou eie gras. Toe stamp hy my bo-oor die kruiwa. Toe stamp my ma hom. Verder het ons gebraai en lekker rugby gekyk. Die WP het gewen".
Nou kyk, ek wil net so graag soos die volgende vrou my eksman slegmaak, maar so iets het nog nooit in ons huis gebeur nie, nie eens naastenby nie. Ek wou op daai stadium alles net so los en huistoe sprint en daai kind die pak slae van sy lewe gaan gee. (Wat ek toe wel, teen die uitdruklike raad van die Skoolhoof, 'n halfuur later die plesier sou hê om te doen). Ons het toe verskriklik verduidelik en gesê ons sal met hom praat en ons het geen idee hoekom hy so iets sou doen nie. Druipstert en bloedrooi in die gesig is ons daar weg. Ek kon die twyfel in Juffrou Mosterd se oë sien. Kyk, daai kar het nog so afgeslack om te stop toe klap ek al daai agterdeur oop. Toe pluk ek daai klein gebroedsel van die mat af op waar hy sit en Nils Holgerson kyk en donner sewe soorte waks uit hom uit. Toe sê ek vir hom: Gaan teken nou vir jou Juffrou DAARVAN 'n prentjie! Later die aand, toe ek gekalmeer het en hy weer kon loop, toe vra ek hom nou hoekom hy dit gedoen het. Hys moeg om elke maandag dieselfde boring goed te skryf van hoe ons braai en swem en rugby kyk en hardloop en fietsry. Die ander kinders skryf dan sulke lekker stories daar op die ou myndorpie.....
Sent from my BlackBerry® wireless device


2014-09-25

Try hierdie outjie

Hallo maatjies! Voor ek nou enigsins verder my kinders se name vergat, kom ek 
deel gou 'n reseppie. Kyk, vir my is die hindernis nie soseer om die aandete te 
MAAK nie, dis meer om dit UIT te dink! Party couples maak mos nou "beurte" om 
kos te maak. Ons is nie een van daai couples nie. Ons het dit probeer. Dan is 
dit nou Maggie se beurt. Dan vra sy my: Waarvoor is jy lus? Of: Wat wil jy hê 
moet ek maak? Of: Wat is hier in die huis? Nou kyk. As ek daai vrae kon 
beantwoord dan was dit in die eerste plek nie nodig om beurte te maak nie. 
Gewoonlik gebruik sy dan haar beurt om te braai. Waarteen ek, in beginsel, niks 
het nie. Maar dan werk dit nou min of meer so: Waar is die Blitz? In die kas 
onder die wasbak. (In hierdie scenario is sy nou die vraesteller en ek die een 
wat antwoord). Waar is die vuurhoutjies? Ook daar. (Dit gebeur nou alles terwyl 
ek iets probeer kyk soos Boer soek 'n Vrou of The Fat Doctor). Het ons hout? Ek 
weet nie, kyk in die wendy house. Waar is die wendy house se sleutel? Daar waar 
al die sleutels hang. Waar is dit? In die spens. Het ons 'n spens? Ja Maggie, 
daai klein vertrekkie langs die kombuis waar die wyn yskas staan. (Gelukkig weet 
sy waar DIT is). Watter sleutel is dit? Die een met die tag op wat sê wendy 
house. Op hierdie stadium is ek natuurlik bitterlik tempted om vir haar te sê: 
Bring sommer daai rump hier dan maak jy hom medium rare in my gat gaar. Maar ek 
wil haar nou nie ontneem van haar "beurt" om ook kos te maak nie. Okay. Moving 
right along. Het ons nog charcoal? Kyk onder die braai. Goddank vra sy nie waar 
is die braai nie, want dan het ek dit verloor. Waar is die byl? Ook in die wendy 
house. Intussen is 3 mense al uitgestem op Boer soek 'n Vrou en die vrou op The 
Fat Doctor  het al "four stone" verloor, maar ek het dit nou gemis. Nou hoor ek 
buite 'n gekap en 'n binnensmondse gevloek en van hout wat nat is en blitz wat 
nie wil vat nie, maar ek is mos nou "af" vanaand so ek blok dit uit. Okay, nou 
brand die vuur en sy kom terug in die huis in. Nou begin die vrae van voor af. 
Wat gaan ons braai? Kyk in die vrieskas wat is daar. Dit word nou opgevolg met 
haar wat nou elke item in die vrieskas een vir een uithaal en vir my kom 
"presenteer" en dan vra: wat is dit, kan ons dit braai? En dan nou my 
nimmereindigende string antwoorde van: nee, dis 'n stuk deeg. Nee, dis mince. 
Nee, dis gevriesde oorskiet spaghetti bolognaise. En so gaan dit nou aan, tot ek 
nou opstaan en vrieskas toe stap en 'n pakkie wors en 'n pakkie tjops gaan 
uithaal.

Dan skink sy vir haar 'n brantie. Ricky Louw soos sy dit noem. Dan is dit nou 
vir 'n halfuur stil en hou sy haarself buite doenig met die vuur en die vleis 
wat sy probeer ontdooi en tussendeur trim sy die boom daar by die braai met die 
byl en so aan. Nou kyk, ek gaan julle nou nie verder verveel nie, want julle 
weet presies hoe hierdie scenario homself uitspeel. Intussen kook ek aartappels 
in die skil, maak braaibroodjies, dra bakke en vatlappe en branties aan, ry Spar 
toe vir 'n avo, maak mengelslaai, dek die tafel, dek af, was die skottelgoed, 
droog af, pak weg, voer die diere, maak die asblik leeg, maak vir ons koffie. As 
ek dan nou neersyg in 'n stoel, dan sê sy: Jys seker bly jyt vanaand bietjie 'n 
break gehad, nê? Dan sê ek: Baie! So het ons toe maar besluit om 'n ander 
beurtstelsel te probeer. Dis nou vir die volgende 10 jaar haar beurt om te werk 
en my beurt om die huis te run.

Kyk, ek is nou nie eintlik 'n outjie vir 'n resep nie. Om die eenvoudige rede, 
dat deesdae se resepte se bestanddele is eenvoudig te vreemd. Ek weet helfte van 
die tyd nie waarvan hulle praat nie, en die ander helfte kan ek julle waarborg 
sal die Porra by Foodzone ook nie weet waarvan hulle praat nie. So as ek sulke 
grand kos wil eet, dan gaan eet ek in 'n restaurant. So moenie worry nie, ek 
gaan vir julle lekker kommin resepte gee. Niks van "sundried tomatoes" en "basil 
pesto" en "homemade mayonnaise" en "cumin" en al sulke snaakse goed nie. Kyk ek 
weet ook nou nie of julle kinders hierdie outjie gaan eet nie. Ek het my kinders 
mos onderskeidelik tot in St 4 (Nola) en St 9 (Pietie) geborsvoed, so hulle kon 
eers hier in hul laat tienerjare ordentlik met 'n mes en vurk eet. Voor daai tyd 
het hulle geleef van two-minute noodles en daai klein gevriesde pizza'tjies en 
koffie en beskuit en rice krispies wat hulle sommer self uit bierbekers uit 
gëeet het. En natuurlik sweets. En Pringles. Maar try maar en kyk of hulle dit 
sal eet.

Jy vat 'n pak van daai cheap "no-name brand" pastaskroewe van Shoprite. Kook dit 
gaar in soutwater. Spoel goed af en sit eenkant. Vat wat jy het in jou kas. Dis 
nou nie asof macaroni of skulpe anders gaan proe nie. Obviously gaan spaghetti 
nou nie werk nie. Ek vat dan klein bietjie asyn, klein bietjie olyfolie, 1 
lepeltjie suiker en Ina Paarman se vegetable and herb spice. Ook net omdat ek 
dit het in die kas, moenie spesiaal gaan koop nie. Vat Aromat as jy niks anders 
het nie. Gewone kookolie sal ook werk. Dan maak ek so slaaisousie van dit. Klein 
bietjie man. As dit klaar is, is dit seker so 50ml. Dan meng ek dit met die 
pasta. Dis nou net om dit los te hou.

Dan chop ek 'n halwe pynappel op. Alles word in blokkies opgechop. So 1cm by 1cm 
blokkies, een ring fetakaas, so stuk gewone kaas sê maar die grootte van 2 
vuurhoutjieboksies, so halwe komkommer (geskil), so 2 tamaties, en dan so paar 
gherkins. Dit moes ek nou gaan koop. Chop dit op in skyfies. En dan 'n groen 
appel. 'N granny smith. Skil hom. Ook in blokkies. Moenie vra hoekom nie, doen 
dit net. Trust me on the apple. En dan so halwe ui fyngekap. Moenie blaarslaai 
of avo insit nie. Om een of ander rede werk dit nie. En dan 'n blik pilchards. 
Lekker kommin Glenryck pilchards in tamatiesous. Haal die binnegoed uit, gooi 
die sous oor die hond se pille, en breek die pilchards in sulke bite size 
stukke. Nie te fyn nie. Groterig. As jy tuna in jou kas het, vat dit. 2 blikke. 
Ek dink dis al. Dan gooi jy so bietjie sout by, en dan so 2 lepels suiker. Moet 
ook nie vra hoekom nie want ek weet nie. Maar dit werk. En dan meng jy nou daai 
mixture met die pasta en met mayonnaise. Ek noem dit nou 'n visslaai. Duh. Dis 
verskriklik lekker. Regtig. Dit klink heavy eenvoudig, maar dis moerlekker. En 
as dit nou jou "beurt" is kan jy als voor die tyd opchop in een bak en in die 
yskas bêre, en ook die pasta met sy slaaisousie, en as Binneland begin dan gaan 
meng jy net die mayonnaise by. Dis oorgenoeg vir 4 honger mense. Enjoy!!!!!


2014-09-23

Ek en die Skoolhoof

So is Nola nou in St 6 in Thabazimbi. Pietie is mos nou nog in St 8 besig om te onderpresteer daar op Affies. Op daai stadium run hy 'n hoogs betalende snoepie vanuit sy klerekas waar hy al die skool se rokers voorsien van lighters wat hy vir next-to-nothing aankoop by Kit Kat Wholesalers in Pretoria-Wes. Hy verkoop ook AL die beskuit en koekies wat ek en my arme ma daar in Sunnyside op sondae, in groot liefde, met hom saamstuur. Nou word Nola-hulle mos nou ontgroen. So vee sy haar gat af aan die meeste van die goed. Weier point blank om met 'n onderstebo rok en 12 pony tails op die kop skooltoe te gaan. Ag nee wat, sy't haar rok se soom korter gemaak en sy paradeer skool toe en terug soos 'n wafferse runway model, min gepla met bord-om-die-nek dra en al daai kinderagtige goedjies. Op daai stadium het sy toe al klaar 'n ogie op Christiaan Greyling, wat toe in St 9 was, en met wie sy 16 jaar later sou trou. Maar daarvan is ek ook nou, soos van die meeste goedjies, onbewus.
So kom vertel Nola my sy is gekies om deel te neem aan die kleuresport se swemgala. Ek was effens verbaas hieroor, want ek het nou nie geweet sy het al 4 die swemslae onder die knie nie. Sy ook nie, sal dit later blyk. Nou kyk, ek is nou gladnie een van daai histeriese ouers wat soos 'n hoermeid op en af langs die swembad of netbalbaan of atletiekveld hardloop en vir my kind instruksies skreeu nie. Genadiglik is my kinders ook gladnie so talentvol dat dit ooit nodig was nie. As ek skooltoe gegaan het was dit meestal om te gaan verneem watse kak hulle nou weer aangejaag het. Ek stuur ook nie geld saam as die Hoof verjaar nie en skenk nie 'n bees 'n maand voor die Leerlingraadverkiesing nie. Die feit dat Pietie in die laerskool sowel as op hoërskool op die Leerlingraad was, is ten spyte van sy ma, nie as gevolg van sy ma nie. En ek glo hulle berou dit tot vandag toe. So het hy my ook in matriek kom vertel van iets soos 'n "Leerlingraad Ouerkomitee" wat ook nou moet werk om geld in te samel vir 'n geskenk aan die skool as die Leerlingraad se termyn klaar is. Ek het maar net vir die kind gelag. Gelukkig het hy verstaan.
Nou is dit die aand van die gala. So sit ek nou daar in die pawiljoen langs die swembad. Al die meisies is in swart Speedo's met swemkappies en swembrilletjies. Nola is in 'n bikini. Hare soos 'n meermin gekrul. Fake tan al 2 weke terug opgespuit en elke dag opge-touch. Nou begin hulle mos met rugslag, dan borsslag, dan vlinderslag, dan vryslag. Daai het sy darem geweet want sy't nogal vir my gesê sy's so bly hulle hoef nie in te duik nie want dan gaan haar bikini se broek afval. So klim hulle in en die skoot klap. Sy "swem" soos 'n dronk mens op haar rug en eindig uiteindelik op teen die oorkantste wal nadat sy oor 6 bane se toue en vlae en advertensieborde en ander deelnemers geswem het, met arms wat nie een oomblik opgehou maal en swaai en klap het soos 'n windmeul nie. Daar kry sy toe op 'n manier omgedraai en "swem" toe nou borsslag weer terug oor alles en almal en eindig somehow weer op in die baan waar sy begin het. Toe is dit mos nou die vlinderslag se beurt. Nou kyk, ek sal een ding van my kinders sê: hulle ken hul eie beperkinge. After all het hulle al die jare vir my byderhand gehad om dit aan hulle uit te wys. So toe sy nou sien die ander deelnemers is al halfpad weg met die vlinderslag, toe besluit sy: fok dit, en sy klim net daar uit. Stap ewe nonchalant na haar handdoek toe en begin afdroog. Die cheer leaders en die spankapteine en die onderwyser, ou Ben Liebenberg, begin almal tegelyk skreeu en op die kind afstorm om haar terug in die water te kry. True to character, vee sy haar gat af aan hulle. Sy stap rustig pawiljoen toe en kom sit by my. Ou Ben agterna, bloedrooi in die gesig! Hy sê vir my: Doen iets! Laat haar klaarmaak! Maak nie saak of sy laaste kom nie, ons span soek die punt vir deelname! Ek het hom net so aangestaar. As ek in die toekoms kon insien sou ek vir hom kon sê: Jaaaaa ou Ben.....ons praat maar weer oor "Doen iets!!!" as jy oor 'n jaar van nou af vir Nola probeer Wiskunde leer. Needless to say, was dit die laaste wat sy ooit vir 'n sportspan gekies is.
Maar nou is dit die groentjiekonsert. Ook hier het sy eintlik geweier om deel te neem, maar dit blyk toe dat weiering gelykstaande is aan skorsing en 'n vuurpeleton. So het sy die matriek in beheer oortuig om haar net asseblief nie iets te laat doen waar sy herken sal word nie. Die versoek is toe darem toegestaan. Sy is toe 'n skaap met 'n papierbord met 'n rekkie aan oor die gesig, met so skaapgesiggie op die papierbord geteken, wit rugbybroekie en wit t-shirt. Totaal onherkenbaar. So begin die konsert 6nm. Min het ek nou daai tyd geweet dis die absolute jaarlikse sosiale kalender hoogtepunt in Thabazimbi. Met die gevolg ek kom so 10 voor 6 by die skoolsaal aan. Toe is daar seker al 3000 mense binne en nie plek vir 'n muis nie. Ook nie vir 'n skaap se ma nie. Ek staan toe maar daar teen die muur binne die saal. Een van die matrieks kondig toe af dat die standerd sesse se ouers moet voorkeur kry en daar is nog 'n paar sitplekke oop heel voor. So charge ek vir 'n sitplek en soos die genade of die voorsienigheid of die duiwel of die noodlot dit wou hê, beland ek tussen die skoolhoof en die voorsitter van die Beheerliggaam. Nou hier gaan ek nou gladnie name noem nie. Maar onthou ons praat hier van 'n klein dorpie. Glo my maar net as ek sê die dominee, die skoolhoof, die voorsitter van die Beheerliggaam, en die Hoofouderling is nie 4 mense nie, maar 2 mense. Figure julle dit maar self uit. Maar so sit ek nou maar en gesels met die tweetjies. Dis mos nou maar 'n klein dorpie en almal ken mos nou maar vir almal. Konsert is later verby en nou is die standerd sesse mos nou klaar ontgroen en alles is weer normaal en kan Nola konsentreer op haar roemryke akademiese loopbaan.
Die volgende dag gaan haal ek vir Nola by die skool. Met my motorfiets. Ek stop op dieselfde plek waar ek altyd stop. So sien ek van haar klasmaats, maar ek sien haar nie. Ek haal die helmet af en bly so op die bike sit. Ek onthou nog die spesifieke seun wat met my staan en gesels het, ook een van Nola se laerskoolmaats. Hy sê my toe Nola se klas het laaste periode LO gehad en hulle was swembad toe. Ek staan toe maar en wag want sy weet waar ek haar altyd optel. So sien ek haar aangestap kom. Volgende oomblik kom die Skoolhoof ook uitgestap. Hy bly daar op die skoolterrein, seker 50m van die skool af. Net toe Nola regmaak om op die bike te klim, storm die skoolhoof, voor Nola en 'n klomp kinders, op my af. Hy begin sonder waarskuwing op my skree: Wat maak jy hier!!??? Ek het gesê ek soek jou nie weer op die skoolterrein nie!!!!! Ek is natuurlik totaal kontverstom. Ek het geen idee wat aangaan nie. Nola is in totale en algehele skok en heel verstaanbaar, in trane. Ek probeer nog verduidelik wie ek is maar hy gee my eenvoudig nie 'n kans om te praat nie, hy hou net aan skreeu op my. Ek is SO geskok dat ek net die bike start en so vinnig as moontlik by die huis wil kom. Daar gekom, bel ek dadelik my man. Hy hoor ek is heeltemal histeries en sê ek moet nou net kalm bly en woord vir woord gaan neerskryf wat gebeur het en wie wat gesê het en 'n presiese weergawe neerskryf van alles wat gebeur het. So maak ek toe. Maar so ver ek skryf, so meer befok raak ek. Op daai stadium het ek net aanhoudend vir Nola gesê: Niemand, maar niemand, sal so met my praat nie. En veral nie voor jou nie. Toe ek daai verslaggie neergepen het, toe is ek soos 'n bul wie jy met 'n terpentynkwas onder die gat bygekom het. Ek maak toe 'n afskrif van die verklaring, klim op my bike en gaan lewer dit af by die Voorsitter van die Beheerliggaam, ook die dominee. Een mens. Hier wil ek noem dat hierdie 'n bitter ordentlike man was, met sy integriteit bo verdenking. Ek verduidelik aan hom wat gebeur het. Obviously ken hy my baie goed, aangesien hy die vorige aand langs my gesit het by die groentjiekonsert. Hy is totaal stomgeslaan deur die Skoolhoof en Hoofouderling, een mens, se optrede en kan dit gladnie verklaar nie. Hy vra my wat wil ek hê moet gebeur. Ek het net een versoek: Hy gaan my voor my kind om verskoning vra. Ek gaan toe huistoe. Die aand bel die Dominee my, hy het die verklaring aan die Hoof gegee, die volgende dag is vrydag en die hele skool is Naboomspruit toe vir die Interhoër en hulle sal die maandag terugkom na my toe. Daai vrydagmiddag kom een van die ander dominees van een van die ander moederkerke na ons huis toe. Hy wil by my kom pleit om die hele saak te laat vaar en dit gaan nou so groot verleentheid vir die Hoof wees en bla bla bla di bla. O....en wat van die verleentheid vir my? Ek sê vir hom ek soek niks behalwe 'n apologie en 'n verduideliking van die Skoolhoof nie, dis al. Dis seker nie te veel gevra nie?
So is die naweek verby en die maandagoggend bel die dominee my en sé die skoolhoof ontken dat hy op MY geskreeu het en hy het blykbaar my vir iemand anders aangesien en hy gaan om die rede my NIE om verskoning vra nie, allermins homself voor 'n St 6 dogtertjie verneder. En daar is 'n vergadering belê met al die partye daai maandagmiddag 2 uur in die pastorie se studeerkamer en ek moet maar 'n prokureur saambring. So kry ek 'n prokureur. My eerste keuse van prokureur is nie bereid om my te help nie aangesien hy ook op die kerkraad en die beheerliggaaam is en hy namens die skoolhoof optree. So stop ek in 'n stofwolk met my scrambler voor die pastorie die middag 2 uur. Die dominee het my nogal gebel om te sê hulle hou dit juis op 'n neutrale terrein want hulle wil nie hê ek moet "geïntimideerd" voel nie. Shame. Min weet die dominee op daai stadium dat daar bitter min mense is wat my intimideer. Daar sit almal toe. Die dominee, die voorsitter van die beheerliggaam, die skoolhoof, die hoofouderling, die prokureur, die kerkraadslid. Dit is 3 mense, nie 6 nie. Ek, en my prokureur. Ons 5. Nou is dit die kant toe en daai kant toe. Bottom line, ek weier om in te gee en die skoolhoof weier om om verskoning te vra. Hy is bereid om my DAAR om verskoning te vra, maar nie voor Nola nie. Hy kan gladnie verstaan wat my issue is met dit nie. Ek staan toe daar op en met trane wat loop oor my wange van woede, sê ek vir hulle: Ek is bereid om jou verskoning nou en hier te aanvaar en hierdie storie agter my te sit, maar watter les leer ek vir my kind? Dat iemand onverdiend en ongevraagd op haar ma kan skree en gil en ek moet dit maar net vat omdat dit 'n gesagsfiguur is?? Ek is daai kind se hero, al kan julle dalk nie verstaan hoekom nie! En JY SAL my om verskoning vra voor haar! Toe is die skoolhoof en sy prokureur buitentoe vir 'n lang ruk. Toe hulle terugkom is die hoof baie stug en die prokureur het net vir my gesê ek moet die volgende oggend, dinsdag, 8 vm by die skool wees. Ek is huistoe en het niks vir Nola gesê nie. Die volgende oggend is ek 8 uur na die skool toe. Ek het aangemeld by Ontvangs en 'n bitterlik nors ontvangsdame het gesê ek kan maar deurstap, die Hoof wag vir my. Daar gekom het hy my gevra om te sit. Ek het gesê: Nee dis reg ek staan sommer. Toe druk hy die knoppie van die interkom op sy lessenaar en kondig af: Kan Nola Heyns in St 6E asseblief na die Hoof se kantoor toe kom. So paar minute later toe stap sy daar in, bleek om die kiewe. So effense glimlaggie toe sy my sien. Toe sê hy: Nola, ek wil voor jou vir jou ma om verskoning vra dat ek op haar geskreeu het. En ek wil vir jou ook om verskoning vra. Aanvaar jy my verskoning? Toe sê sy: Ja meneer. Toe sê hy: Goed dan, jy kan teruggaan na jou klas toe. Toe vra hy my: Kan ek vir ons tee bestel? Toe sê ek: Nee meneer, ek dink nie ek en jy gaan ooit saam tee drink nie. Toe draai ek om en loop uit, klim op my bike, en ry huistoe. Daai middag kom Nola ingehardloop in die huis. Raai wat?? Die skoolhoof gaan vervroegde pensioen vat en hy waai die einde van die maand.
En vandag is Nola 30 jaar oud en sy behandel mense met respek en sy laat niemand, maar niemand, met HAAR praat asof sy 'n stuk gemors is wat die kat ingedra het nie......
Sent from my BlackBerry® wireless device




Movie review - Blue Jasmine

Ek weet hierdie fliek is ou nuus en almal het hom seker al gesien, maar hier op 
Swartklip is ons mos 'n jaar agter met alles! So kyk maar as jy hom kan kry op 
box office of in 'n dvd winkel. (Is daar nog dvd winkels?) 

Cate Blanchett het verlede jaar die Oscar gewen vir "Best female actress" vir 
haar vertolking van Jasmine French in hierdie fliek. Toe ek sien Woody Allen is 
die skrywer en regisseur, toe is ek nie baie lus vir die movie nie, want eks te 
dom om sy goed te verstaan. Maar al kyk jy nou NET om te sien hoe welverdiend 
daai Oscar was, dan het jy ook nou nie jou tyd gemors nie! Dis ongelooflik hoe 
daai vrou voor jou oë verander van 'n selfversekerde miljoenêrsvrou met die 
wêreld aan haar voete, na 'n kwylende, onseker, amper "homeless person". 

Dis ongelooflik hoe party mense eenvoudig nie kan verantwoordelikheid vat vir 
hul dade nie, hoe hulle neersien op ander, selfs lank nadat hulle in 'n veel 
slegter posisie is as daardie mense!!!! Dis ongelooflik hoe party mense NIKS is 
as hulle geld en rykdom van hulle gestroop word nie! Hoe dit hulle absoluut 
definieer. Alec Baldwin is uitstekend as haar man. Wees net bedag daarop dat die 
fliek sonder waarskuwing heen en weer spring tussen die hede en die onlangse 
verlede, maar moenie worry nie, dis gladnie steurend nie. Kyk net uit daarvoor. 
Al is dit nie 'n swaar of donker fliek nie, het ek nog vir 'n hele ruk daarna 
gedink oor die verskillende moontlike interpretasies van die storie. 

Ek kan hierdie fliek absoluut aanbeveel en gee dit 3,5 sterre uit 5! Ek sou dit 
4 sterre gegee het as ek presies kon weet wat het "na" die einde gebeur, maar 
dit het nou niks te doen met die fliek nie, dis nou net omdat ek 'n control 
freak is!!!!





2014-09-22

Nog goed wat my kry.

1. Mense wat aan shows deelneem soos Idols of Master Chef en dan altyd verklaar: this has been my life long dream, this is my only passion, this is all I've ever wanted to do since I was little. Ag asseblief man! Dis net 'n kompetisie, kry 'n ander lewe ook! Wat het jy die ander 40 jaar van jou lewe gedoen?
2. Dan is daar die fotograwe en akteurs en sangeresse en sjefs wat sé: vandat ek 3 jr oud was het ek presies geweet wat ek wil doen! Ek het 'n kamera gekry by my Oupa toe ek 2 jr oud was.......of ek het op 3 jr al konsert gehou in ons sitkamer en dan moes die bure se kinders 5c betaal om te kom kyk. Of ek het besef ek wil 'n sjef word toe ek my ma op 18 maande gehelp het om cup cakes te maak. Ja what ever. Toe ek 3 jr oud was het ek nie eens geweet wat my van is of my adres nie, maar jy het nou al basically klaar 'n loopbaan uitgefigure gehad? Asseblief.
3. Oeee en as mans met so aangeplakte wannabe engelse aksent mekaar "bru" en "bro" en al hierdie snaakse handgrepe uithaal as hulle mekaar groet en mekaar so amper stamp met die skouers........toppunt van pretentious man!!!! En nou word daar al gepraat van 'n "bromance", dis nou die toppunt van "male bonding" blykbaar. Klim uit die kas uit en "get over yourselves!" Sé net "hallo johan" en groet die man met die hand man!
4. En ons, veral Suid-Afrikaanse, "celebrities" wat nou dink ons glo hulle as hulle ons in advertensies of in tydskrifte vertel hoe hulle Ponds en Nivea gebruik, hulle hare met Head and Shoulders was, nog nooit botox gebruik het nie en nooit plastic surgery sal oorweeg nie. En my gunsteling: ek oefen gladnie en was nog nooit in 'n gym nie en ek leef van chocolates en sweets. Ag regtig? En eks die paashaas. Biets.
5. Ek lees gladnie die advertensiebylaes wat koerante en tydskrifte so dik maak nie en verpes die goed. Ek skud dit dadelik uit die tydskrif uit in die drom in. Ek gooi ook sulke junk mail sommer by die poskantoor al weg en kyk nie eens daarna nie. Al daai miljoene rande wat besighede op dit mors kan eerder gebruik word om pryse laag te hou. Kyk maar hoe lê dit besaai by die poskantoor op betaaldag.
6. Ek sal nooit in my hele lewe vir 'n drank- of 'n sigaretmaatskappy werk nie. En al was ek die bekendste mens op aarde sou ek ook nooit vir so maatskappy in 'n advertensie verskyn het nie. Kak en ellend, dis al wat hulle verkoop. Kak en ellend sê ek julle.
7. Ek kan soos in GLADNIE verstaan dat vrouens vet-inspuitings in hulle boude wil kry om hulle gatte te laat lyk soos Kim Kardashian s'n nie. Hoekom sal jy soos Saartjie Baartman wil lyk?
8. Ek is absoluut MAL oor koffie en beskuit en my favourite is om al die krummels aan die einde in my koffie te gooi en dit dan met 'n teelepel te eet! Almal wat ek ken gril vir dit, ek kan gladnie verstaan hoekom nie. Dis mos maar ook beskuit.....net in krummelvorm, nie?
9. Is dit vir julle ook weird hoe elke tweede celebrity, hier en oorsee, ewe skielik tweelinge kry? Ek is doodseker hulle laat meer as een bevrugte eiersel inplant sodat hulle net een swangerskap hoef te endure, want statisties gesproke is dit net eenvoudig onmoontlik.
10. Daar is niks meer geforseerd vir my as 'n paartie op Oujaarsaand nie. Jy voel mos nou heavy pressure om jouself te geniet. Die moerse countdown tot 12 uur, almal wat vooraf stry of die tyd nou presies reg is, die ver-af klanke van klappers en ander vuurwerke, afgesit deur mense wat ook die tyd verkeerd gekry het, die oor-en-weer soenery en dan die amper verleë soenery met die mense in die geselskap wat jy die slegste ken.....nee jis ek sal verkies om heeltemal op my eie te wees en net te reminisce oor die jaar wat verby is en te dink en te reflect oor die jaar wat kom. En dan kan niemand mos nou op daai artificial high gaan slaap nie. Nee.....nou moet daar op slag nog vuur gemaak word en nog gekuier word. Om net so uur later dit maar op te gee vir 'n bad job en stilletjies een vir een kamer toe te verdwyn. Soos my Ouma altyd gesê het: hou op terwyl dit nog lekker is.
11. Hoekom moet jy met 'n stofsuier wat jou R2000 kos en 1200 watt sterk is, nog steeds 3000 maal oor 'n hondehaar vee en dan nog steeds die blerrie ding met jou hand optel en hom omtrent voor by die pyp indruk??
12. Hoekom het veral Afrikaanse sangers die gewoonte om halfpad deur elke liedjie die mikrofoon kamma vir die gehoor te hou sodat hulle nou moet sing? Ek betaal nie om die poephol langs my te hoor skree: Ek wil my baby hê vanaand!!! nie. Sing self man! Dis wat jy betaal word om te doen! Of is dit nou 'n ego trip sodat jy nou kan sien hoe die mense jou musiek ken? En almal doen dit! Van Jurie Els tot by Steve. Ek praat nie van 'n Neil Diamond of Bruce Springsteen show waar 80000 mense in Madison Square Garden hulle aanstekers uithaal en saamsing op Sweet Caroline nie. Ek praat hier van die local skoolsaal met 200 mense.
13. As jy nou omtrent elke 2de of 3de dag jou wenkbroue pluk en dit in perfekte toestand hou, en ewe skielik pop daar nou 'n wenkbrouhaar uit van omtrent 7cm, kliphard, jy kan omtrent die ding vir 'n tooth pick gebruik.... Waar was daai haar dan nou die heeltyd dat jy hom elke keer mis? Of groei so monster dan nou letterlik oornag vanaf wortelstadium tot 'n lengte van 7 cm?
14. En hoe de hel kry mense dit reg om nog oorsee te gaan vakansie hou, en nog meeste kere hul kinders ook saam te vat. Kaartjies Europa of Australië toe sal R40000 kos vir 2 mense retoer. Ek sien in die Sunday Times se Travel Section 'n baie bekostigbare hotel in Europa is ongeveer R2500 per nag vir 'n dubbelkamer. Mens kan seker tog nou nie vir korter as 2 of selfs 3 weke gaan nie? So dis R50000 vir verblyf? En kos? Vervoer as jy daar is? Sight seeing? Toegangsgeld by plekke? En almal sê jy moenie die heeltyd jou maalsommetjies doen met ons swak rand nie, maar hoe anders?? Dankie Vader ek het daai trippies gemaak toe ek nog kon. Of altans, toe ek nog genoeg jare oorgehad het om die skuld af te betaal.
15. En laaste maar beslis nie die minste nie: as jy vir 'n winkelassistent vra om vir jou 'n Nr 7 skoen te gaan haal, en hulle dit nie in voorraad het nie, maar dan vol moed en verwagting terugkom met 'n Nr 6 of 'n Nr 8. Ek wens ek kan al die sarkastiese aanmerkings onthou wat ek al so mens toegesnou het.
Sent from my BlackBerry® wireless device

While I'm on a roll, hier is sommer nog 30 lewenswaarhede oor "Life according to Hester"

1. Die flouste mees verbeeldinglose kar op aarde is seker 'n wit toyota corolla. 
Ja ek weet dis beter as loop en dit is baie betroubaar, maar nog steeds.
2. Ek kan nie verstaan hoekom pluk vrouens al hulle wenkbroue uit en kleur dit 
dan in met 'n oogpotlood nie.
3. Mans wat hulle hare kleur is iets wat met die dood strafbaar moet wees, ek 
praat nou van ou mans. Daai rooierige skynsel met die grys baard wat deurskyn en 
die beplooide gesig is iets wat my wil laat kots.
4. Ek kan nie goed eet wat nou kamma 'n "acquired taste" is soos olywe of sushi 
nie. Hoekom kan jy nie net iets eet waarvan jy dadelik sal hou nie?
5. Ek kan ook nie mense wat soos in gladnie soetgoed eet heeltemal vertrou nie, 
sorry.
6. Ek voel as iemand in jou baie nabye vriende- of familiekring se asem stink, 
is dit jou christelike plig om dit vir hulle te sê.
7. Mense wat net randomly ongeskik is met waiters of winkelassistente en op 
hulle neersien, is eenvoudig en onopgevoed.
8. As ek 'n parkeerarea 5 myl ver spot tussen 652 ander oop plekke en een of 
ander dronk tiksnuifer met 'n vrot, geskeurde, neongeel onderbaadjie wil my wys 
hoe om te parkeer is ek onmiddellik so de donner in julle kan dit nie glo nie.
9. Ek haaaaaaaaaat dit as mense verkleinwoordjies gebruik!!!!!!
10. Ek haat dit as mense gladnie 'n "sense of occasion" het of gladnie 
"non-verbal body language" kan lees nie. Daar's mos altyd daai een koddige mens 
in 'n geselskap.
11. Ek kon nog nooit die half-gëeete pap sweets of koekies eet wat by my kinders 
se babamonde uitgepeul het nie. Ek kan ook nie kyk hoe ander mense dit doen nie. 
Ek sukkel om dieselfde eetgerei as iemand anders te gebruik. Ek sal liewer iets 
met my hand vat en dit proe as jy nou regtig insist ek moet dit proe.
12. Saam met Nr 11 hier bo kan ek soos in gladnie 'n babatjie op die mond soen 
wat deur sy ma geborsvoed word nie. Ek sal naar raak bo-oor die kind soos wat ek 
gril.
13. Ek is ook 'n matige diereliefhebber maar dit verstom my dat mense miljoene 
rande kan spandeer om byvoorbeeld 'n giraffe se tand te laat kroon, nadat die 
ding ge-airlift is van die himalajas af en met die concorde 12000 km ver gevlieg 
is en 6 ortodontisse moes bystaan om dit te doen. Regtig. Kom ons hou net 
perspektief.
14. Ek haat 'n skottelgoedwasmasjien. Ek wil hom nie verniet hê nie. As jy kuier 
by iemand en jy't iets nodig is die goed altyd in die masjien, of die masjien 
moet dit eers klaar was, of die masjien is nie vol genoeg nie, of what fucking 
ever. Tap skottelgoedwater in en was die donnerse goed man.
15. Ek haat 'n karavaan. As ek een moet wen in 'n kompetisie verkoop ek hom voor 
ek by die huis kom met die ding. As jy lus is vir kamp gooi sand op die brood en 
sit die Coke in die lou-oond.
16. Ek kan gladnie by ander mense se huise die toilet gebruik nie, behalwe nou 
om te piepie. My plumbing pak op die oomblik as ek in ander mense se driveways 
intrek. Selfs as ek piepie moet ek die kraan laat loop want ek is bang iemand 
hoor my.
17. Saam met Nr 16 kon ek nog nooit verstaan hoekom het nuwe huise 'n 
gastetoilet reg langs die voordeur nie. Gewoonlik gaan kyk ek iets in die tuin 
en gebruik die buite-toilet. As daar nie toiletpapier is nie sal ek my moue 
afskeur.
18. Daar is niks ergers as mense wat praat en dan vorm daar skuim in hulle 
mondhoeke nie. Ek het dit nog nooit by vrouens gesien nie. Net mans. Eeeeeuw.
19. Ek kan my bekak as iemand sê: ek stel gladnie belang om oorsee te gaan nie, 
ons eie land is net so pragtig. So kortsigtige mens het dan gewoonlik ook nog 
fokol van sy eie land gesien, behalwe Rustenburg en Margate en die groot gat van 
Kimberley op 'n St 5 skooltoer.
20. Die beste waarde vir geld in hierdie land is 'n KFC soft serve teen R4,99. 
Jy kan dit eenvoudig nie beat nie. 
21. Ek is totaal verslaaf aan blokkiesraaisels, veral dié in die Beeld waar ek 
die volgende dag al die regte antwoord kan kry as ek een dalk gemis het. Wat 
maar min gebeur. Saam met blokraaisels is ek ook mal oor Grandpa hoofpynpoeiers.
22. Al stoot Naspers die Huisgenoot se prys op na R50, sal ek hom steeds elke 
week koop. En dit irriteer die kak uit my uit as mense nou kamma maak of jy 
common is as jy die Huisgenoot lees. Dis dieselfde mense wat groen groente 
smoothies drink en dan nou maak of dit moerse lekker is.
23. En saam met Nr 22 hier bo is jy ook mos nou blykbaar eenvoudig as jy jou, 
soos ek, doodlag vir Tolla, Casper, Leon Schuster, Orkney Snork Nie re-runs, 
Vetkoekpaleis re-runs en enige iets wat mense vir 'n gat vat. Dan is ek maar 
eenvoudig.
24. Ek kan my beskyt (nee mens spel dit nie "beskuit" nie), as jy iemand 
Whatsapp of bbm en jy sien die boodskap is gelees en die persoon antwoord jou 
nie terug nie. Maar so sien jy terselfdertyd hoe die persoon alles "like" wat jy 
op facebook kwytraak.  Ek praat nou nie hier van jou vriende wat op daai tydstip 
as advokate in die Hooggeregshof optree of besig is met gastric bypass surgery 
in die Morningside Kliniek nie, ek praat van dié wat, nes ek, fokol het om te 
doen en die heel dag om dit in te doen.
25. Ek sien gladnie die taalgebruik hierbo as vloekwoorde nie. Ek sien dit bloot 
as baie beskrywend. "Lelik praat" of "vloek" is vir my alleenlik die ydellike 
gebruik van God se naam. Enige ander woord is net 'n woord wat deur mense 
uitgedink is. So get with the program. As jy dit nie like nie, hou op lees. 
26. Ek het nog elke keer, maar elke keer, iemand wat reeds uit die skool uit is 
reggehelp wat my "tannie" noem. Ek raak wit van woede as dit gebeur. Ons is nou 
al laaaaaaankal verby die verskoning van "ja maar ons Afrikaanse mense is so 
grootgemaak"....Net verlede week in Food Lover's Market vra die vrou by die till 
my vir my pensioner's kaart. Regtig?
27. Ek sal wat wou gee om mense wat hulle lywe so laat tattoëeer, veral 
rugbyspelers met die Maori insignia, te sien oor 30 jaar. Jy maak die fout van 
jou lewe om 'n tattoe te kry. Kan jy dink hoe gaan selfs iemand soos Angelina 
Jolie of David Beckham oor 30 of 40 jaar lyk?
28. Jennifer Lopez is vir my die mooiste mens op aarde, perfek geskape met die 
mees perfekte gelaatstrekke.
29. My all time favourite song op hierdie hele aarde is Morningside van Neil 
Diamond. Om hom live te kon sien optree sal vir altyd een van die hoogtepunte 
van my lewe wees.
30. Om natuurlik te kraam is die seerste donnerse ondervinding wat jy in jou 
hele lewe  kan hoop om nie te hê nie. As daar die kleinste kans is vir 'n 
epiduraal of 'n keisersnee of enige iets anders behalwe dit, al behels dit ook 
nou 'n sangoma of dolosse wat gegooi moet word,  gryp dit asseblief met altwee 
hande aan.

2014-09-19

Ek raak sommer van voor af die moer in as ek nou daaraan dink...

So moet ons mos nou vir Nola Bloemfontein toe vat een jaar vir 'n modelstorie. 
Dit val oor 'n langnaweek, daai een rondom 1 Mei. Werkersdag. Ons gaan die 
donderdag al ry en sal die maandag terug wees. Nou is Pietie in St. 9. By "ons" 
bedoel ek nou ek en my tweede man. (Moet asseblief  nou nie op hierdie vroeë 
stadium al julle wenkbroue in afkeer lig nie, daar was net 2 mans). Anyway. 
Bloemfontein. Pietie is in charge van die huis en die onmiddellike periferie. 
Fout Nr 2. (Dit  sal ek nou eers heelwat later agterkom). Ek het op daai stadium 
so Honda XL250 scrambler gehad. Hy kon die bike bitter goed ry. (Ek het mos nou 
al vertel hoe begaafd en multi-talented hy is). Maar natuurlik het hy nog nie 'n 
lisensie vir die bike gehad nie, maar hy sal hom mos nou nie net vat en met die 
ding gaan ry nie. Nie MY Pietie nie! En ek gaan ook nie soos ander ouers die 
sleutels wegsteek en die drankkabinet sluit en hom laat babysit nie. (Fout Nr 
3). Wat kan tog nou verkeerd gaan?! So saam met ons wegganery is dit mos nou 
daai naweek nog Wildsfees op Thabazimbi ook. Maar Pietie weet hy mag nie sy 
voete in die biertent sit nie, hy moet 6 uur die middag by die huis wees. Voor 
donker. Hy het ons oortuig hy gaan aan sy take werk, die hond versorg, swot vir 
die rekord eksamen, kerk kyk op die TV en bietjie Bybelstudie ook inpas as hy 'n 
break vat van die swottings.  

So ry ek weg met 'n lied in die hart. My voorbeeldige dogter veilig in die kar 
saam met my. (Hier lurk toe al klaar 'n surprise vir my, maar ek leef nog op 
daai stadium in my eie fool's paradise). My dominee/dokter/prokureur-seun is 
veilig toegesluit in die huis agter sy boeke met 'n glasie pienk Nesquik in die 
een hand en 'n Zookoekie in die ander handjie. Ai, ek het die tweetjies darem 
goed grootgemaak!! Mens sou nooit sê die arme goedjies kom uit 'n gebroke huis 
uit nie! In die gees van die oomblik sit ek sommer die radio op RSG en ons 
luister vir Niekie van der Berg se "Sê wie". Tussendeur sing Rina Hugo 
"Drakensberge van Verlange", net so voor ons by Welkom se Wimpy stop.

Min weet ek Pietie is teen daai tyd seker al snotdronk en halfpad deur 'n pakkie 
Camels en die braaivleisvure brand nou al dakhoogte, die bike is al vir 'n spin 
gevat, die swembad is vol kinders, daar's 'n moerse kompetisie aan rondom die 
pooltafel, en heavy metal blêr myle ver oor die hi-fi se speakers, met 'n couple 
wat lê en vry in elke kamer van die huis. Soos ons nou die middag laat 
Bloemfontein binnery, het Pietie al 'n paar draaie gegooi in die biertent by die 
Wildsfees. Die strelende klanke van Anneli van Rooyen dra ons die Vrystaatse 
hoofstad binne. (Syt toe nog nie daai heavy pyn in haar gesig gehad nie). Te 
pragtig sing sy "Pie Jesu". Ek huil sommer. 800 km verder dreun Sepultura en 
Cradle of Filth en System of a Down en Linkin Park oor die bosveldvlaktes....

So sms ek maar af en toe vir Pietie net om te hoor of hy okay is. Ek wil hom ook 
nou nie te veel pla nie. Hy swot mos nou. Ek wag nogal lank om terug te hoor van 
hom. Ai die Pietie!! As hy so weggevoer raak met Bybelstudie of swottings kan 
die wêreld om hom vergaan. (Min weet ek die wêreld WAS besig om om hom te 
vergaan). Die naweek is verby en die maandagmiddag is ons terug by die huis. Hy 
hardloop nogal af met die trap garage toe en help ewe gretig om die tasse op te 
dra. Ek moes dit al as een moerse red flag gesien het. Maar die huis is pragtig 
skoon. Nie 'n vuil koppie of glas in sig nie. Vloere blink, hondjie is happy, 
swembad skitter, nie 'n ding uit sy plek uit nie. (Wonderlik hoe 30 babelas 
matriekgirls 'n plek kan regruk as die oom en tannie sterk op pad is huistoe). 

So gaan die dae verby. Dae word weke. Weke word maande. Maar soos hulle op die 
Crime Channel sê: The truth is always out there. Die "truth" kom toe in die vorm 
van die oorywerige vriendin wat my altyd getrou laat weet het van my kinders se 
doen en late wanneer ek nie by is nie. Ek is darem op daai stadium redelik op 
die ball wat my openlike spioenasie op hulle aanbetref. As ek hulle broodjies in 
hulle tasse sit, gooi ek die hele tas uit op soek na prentjies van kopbene en 
pentagramme en Liewe Heksie en die Turtles en sulke goed. Niks. As ek die 
wasgoed in die kaste bêre krap ek in elke laai en kas. Hier soek ek nou na 
groter items, soos lampskerms wat gemaak is van mensvel of katbloed in 
botteltjies of enige dooie diere for that matter. Ook niks. Nee kyk, niks sal by 
MY verbykom nie. Maar so gee die vriendin een middag, op pad na my toe vir 'n 
koppie tee, 'n random skoolkind 'n lift. Die kind vra toe blykbaar: Waarheen 
gaan Juffrou? O ek gaan by tannie Hester kuier. O dis mos Pietie Heyns se ma? 
Ja, ken jy hom? Nee Juffrou, maar ek het gehoor van die partytjie by sy huis 
daai naweek van die Wildsfees......

Needless to say is daai stomme kind seker in die ry by daai kar uitgestamp en is 
sy oop en toe op pad na my toe! Fok die teedrinkery. Hierdie is vir haar die 
scoop van die jaar! So vertel sy nou in detail van die party en alles wat daar 
gebeur het. Dis toe nou so legendary gewees dat die hele skool daarvan weet. Ek 
wou-wou so half trots begin voel op Pietie maar ek keer myself net betyds. Maar 
ek maak 'n mental note om "event planner" ook by te voeg by sy lysie van 
begaafdhede. So is hy natuurlik salig onbewus van hierdie nuut verworwe kennis 
van sy "estrogen deficient" ma. Hy saunter later die middag rustig die huis in, 
King Pie krummels nog om die mond. Op daai stadium het ek vir man Nr 1 al gebel 
en die hele storie uitgegil oor die telefoon. Man Nr 2 is teruggeroep van waar 
hy besig was met wat ook al en ons sit nou en wag vir Pietie. Satan se eie klein 
gesant.

Nou moet julle een ding eers verstaan. As jy getroud is met 'n man wat sy eie 
kinders het, dan wil jy nou nie dat jou kinders so openlik kak aanjaag dat hulle 
nou afsteek by sy kinders nie. Jy wil mos nou wys jou kinders is beter 
grootgemaak as dit. Of julle dit nou wil weet of nie, daar bly maar 'n gevoel 
van kompetisie tussen die twee gesinne. Jy wil mos nou nie toegee dat die 
eksvrou se kinders beter gemanierd is as jou eie kinders nie. Nee my donner man! 
So daai moordadige gedagte dwaal ook nou nog hier in my brein rond. Dieselfde 
brein wat sonder die estrogeen moet operate.

Nou moet julle nog 'n ding van 'n tiener verstaan. Veral 'n geslepe klein wetter 
soos myne. As jy hom nou vra: Wat het jy gedoen?!!!!!! Dan gaan hy dadelik sê: 
Niks nie, hoekom? In so effens hoër stem as gewoonlik. Ogies beweeg dan vlietend 
na links en regs, settle dan op 'n punt hier onder jou regterwang. (Eers 
jaaaaaare later, en ongelukkig hopeloos te laat, sou ek 'n kursus doen in 
"non-verbal communication"). Die tiener probeer nou uitvind presies wat die ma 
alles weet. Hy gaan mos nou nie confess oor shit wat jy nie eens van geweet het 
nie!! Asseblief!! Dink jy nou hy gaan vir jou sê: Ag jammer Mammie, vergewe my, 
ek het gerook en gedrink en gevry en na duiwelmusiek geluister. Neeeee. Hy kap 
hom net: Niks nie, hoekom? So sê ek vir hom (in 'n heelwat hoër stem as 
gewoonlik. Jy sou dit selfs kon beskryf as histeries): Man moenie vir my kom kak 
vertel nie!!!!!! Ek weet wat het hier aangegaan!!!!!! Die hond kruip nou onder 
die pooltafel in. Man Nr 2 sit alreeds daar. Nou is ek op 'n roll pappie. Maar 
ek vergil daai kind en pluk hom daar rond en gaan soos 'n mak heks tekere! Hy 
huil snot en trane en weet nie waar om te keer of te vat of te los nie. Kyk, ek 
het al baie boeke oor kinderopvoeding gelees, maar die grootste pot kak wat 
hulle nou KAN verkondig is dat jy nou kamma nie 'n kind moet "tugtig" terwyl jy 
kwaad is nie. Man, ek is lankal verby die stadium van "tugtig"!!!! Ek wil hom 
doodbliksem!!!!! En wie de donner is nou so psycho dat jy 'n kind gaan donner as 
jy NIE kwaad is nie??????? Hoe blerrie belaglik is dit nou??? Moet ek nou 'n 
week lank wag tot ek in 'n moerse happy bui is en hom dan met 'n groot smile op 
die gesig die pakslae van sy lewe gee? Asseblief.

So gryp ek pen en papier en nou moet hy skryf! Ek soek nou die naam van elke 
kind wat hier was. Hy huil. Maar hy skryf. Man nr 2 is nou uit onder die 
pooltafel. Hy het die telefoonboek gaan haal. Hy gaan nou bel. Dis nou die jare 
voor almal selfone gehad het. Ons praat nou hier van 1999. Almal het nog 
landlyne gehad. Telkom het nog gewerk. Soos wat Pietie skryf, so blaai ek rond 
in die telefoonboek, en so slaan Man nr 2 die lyn. Tussendeur gil ek nog op 
Pietie en slaan sommer sulke random houe met die plathand oor sy kop en skouers 
en rug. Hy koes en hy skryf en hy keer en hy vee snot af, maar na so ruk sit ons 
met 'n lang lys name. Lyk amper soos die skool se ererol wat daar verteenwoordig 
was. En Man nr 2 bel. Hy vertel elke ouer presies wat daar gebeur het, wat die 
omstandighede was, wie daar was, wat Pietie se rol was in alles, en dat hulle 
maar met hulle kinders moet deel soos hulle goeddink. Op hierdie stadium is 
Pietie al verby die punt waar hy selfmoord contemplate. Hy soek nou na sy 
paspoort. So het ek hom basically vir die res van die dag tot laat die nag in 
vergil. As ek in die gang afkom en hy sien my betyds, duik hy by sy kamer in. As 
hy te laat is, maak hy homself so plat teen die gangmuur, kop weggedraai en ook 
platgedruk teen die muur, tot ek verbygeloop het. So moes hy maar die volgende 
dag die music gaan face by die skool. Van die kinders was die middag by ons om 
om verskoning te kom vra. Ander ouers het ons eenvoudig nie geglo nie. Nog ander 
het ons gedreig met regsaksie. Een het in ons sitkamer kom sit en lang trane 
gehuil. Pietie het vir weke nie met ons gepraat nie. Dit kan moontlik toegeskryf 
word aan die feit dat hy ook vir weke nie kos of sakgeld gekry het nie, ek weet 
nie. Hy het swembad skoongemaak, gras gesny, hond gewas, kar gewas, bike gewas, 
skottelgoed gewas.......maaaaande lank. Hy was ook vir maande gehok. Hy mag net 
broodnodige skoolaktiwiteite bygewoon het. Verder moes hy in sy kamer sit en 
dink aan sy sondes en hoe diep hy sy ma teleurgestel het. Dokter gaan hy nie 
word nie. Na dese beslis ook nie dominee nie. Nou bly nog net prokureur oor. En 
event planner....

So sal mens nou dink dat hy sy les geleer het. Mens sou selfs verder gaan, en 
dink dat sy jonger suster ook sal tips vang oor wat toelaatbaar is en wat nie. 
Fout Nr 4.