2014-09-12

Daai super morbidly obese kat van Maggie…

So het ek natuurlik van 3 uur vanoggend af fokol geslaap.
Daai super morbidly obese kat van Maggie, Felix, het teen 
die deur gekrap met sy twee voorpote dat dit klink soos Sylvester Stallone
wat daai peerballetjie bliksem in die Rocky Movies. Ek dink dit was 
in Rocky XIII. Die kat is mos nou so ruk terug skynbaar 
aangeval deur 'n wildekat hier op Swartklip. Actually sommer in ons huis. Die 
wild life beweeg mos hier vryelik deur jou sitkamer. Obviously vanwee sy gewig 
kon Felix nie terugbaklei nie, en ook nie 'n quick getaway maak nie. In fact, hy 
kon ook nie 'n slow getaway maak nie. So is dit toe nou al die pad beskawing
toe na 'n veearts toe. "Beskawing" gebruik ek nou "in the broadest possible 
sense of the word", want dis nou Thabazimbi toe. 65km weg. 
Felix ingeprop kant en wal in 'n katmandjie waarin 'n volwasse labrador 
gerieflik sou kon pas. Daar gekom het die verbysterde veearts hom 
natuurlik een kyk gegee en hom dadelik ge-enter in die Hill's diet. Dis nou 
nie die Beverley Hills diet nie, maar die katkos Hill's diet. Daai kos wat R700 
'n sak kos wat jou 4 dae hou. Dis nou as die kat saam eet. Anyway. Felix is toe 
nou daar op 'n drup gesit en in ICU (wtf?) gehou vir amper 2 weke. Hy het toe 
nou 'n moerse comeback gemaak. En so begin my stryd toe nou met ons
eie weergawe van The Biggest Loser. Feline division. Swartklip style. 

Goddank sponsor Hill's die dieet. Jy moet die kat nou net elke week invat om 
geweeg te word. Arme ding moet nou oor 'n tydperk van 49 weke 0.07 gram 
per week verloor. Altesaam 3.8kg moet hy nou afskud. So nou moet die pellets 
afgetel word (ek dink dit werk uit op R1,55 per pellet), en dan word die kat nou 
op die toonbank getel, dopgehou terwyl hy eet, 4 ander katte wat Spar se 
no- name brand pille vreet word verwilder, kat word afgetel, pille word bedek. 
To be repeated. En dis nou wat 3 uur in die oggende moet gebeur. Want dan 
is Felix nou honger. En dan moet ek nou nice wees as ek half 5 vir Maggie 
wakkermaak met koffie.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking