2014-09-15

En so val ons toe nou in die tou vir die kos. Spinasie is beslis groot onder die 
Tswanas. Moerse bakke vol. Net so groen opgekook. Nou nie geroom nie. Any which 
way eet ek dit in elk geval nie. Daar was ook pampoen, in blokkies gesny, sag 
gekook, maar met die dik skil nog aan. En dan natuurlik beesvleis in 'n bredie, 
met groente. Geen rys nie. Ook nooit enige vorm van brood nie. Pap is daar wel. 
Baie. Daai bruin suurpap. En slaaie. Beet weereens so in groot blokkies. Nooit 
skywe of gerasper nie. Dit lyk vir my presies nes rou lewer...... Vreemd nê? 
Ander slaaie is mengelslaai en aartappelslaai. En natuurlik altyd hoender ook. 
So uur in die ete in toe is daar 'n beroering onder ons tafelgenote. Dis toe die 
afval bedien word. As ek nou sê dit is pikswart, dan bedoel ek dit. Op die foto 
lyk dit dalk gryserig of bruinerig, trust me, dis die selfoonkamera se flash. As 
dit enige vorm van 'n skynsel afgegee het behalwe swart, was dit donkergroen. Ek 
vra nogal vir Doris hier neffens my: don't they clean it? No. Otherwise you lose 
the flavour. Goed dan. So is daar net een bord per tafel bedien. Almal duik vir 
'n stuk. Almal nou behalwe ek en Maggie.

Tussendeur speel die dj musiek en dit gaan heel jolig. Maar daar is geen gedans 
nie. Daar is absoluut geen tradisie van 'n bruidsruiker gooi of 'n garter afhaal 
of die baan open met 'n wals of spesiale dansnommer of enige so iets nie. Dit 
gaan oor die klere en oor die kos en oor hoe die venue lyk. So groei die mense 
natuurlik ook aan. As die uitgenooide gaste klaar geeet het, is dit die res van 
die onmiddellike buurt se beurt. Ons praat hier van die beste deel van 200 
mense. Almal lag en gesels en daar is absoluut geen voorval van aggressie nie. 
Kort voor lank hoor ons weer die blaasorkes opstart. Die bruidspaar verdwyn en 
later kom hulle weer straat-af gedans met nuwe outfits aan. Dis nou die bruid en 
bruidegom, haar seuntjie en dogtertjie, die 5 strooijonkers en die 5 
strooimeisies. 14 mense dus. Almal met dieselfde outfits. Hierdie keer in geel 
en groen en so tikkie ligblou. Die mans in madiba hemde met knielengte groen 
kortbroeke, die vrouens in dieselfde kleur rokke en kop omhulsels wat so hoog 
staan, als gemaak van daai sis materiaal, wat hulle shweshwe noem. Baie mooi. So 
dans ons weer op en af vir seker 'n uur. 

Nou raak dit al donker. So verdwyn daar so een persoon per tafel en keer terug 
met 'n kartonboks. Vol drank. Maar gladnie hardehout of wyn nie. Castle Lite in 
blikkies, koeldranke, smirnoff spin en hunter's dry. Almal drink lustig saam. 
Kort-kort word daar oor die pad gestap en die boks word ge-refill. Nou verdwyn 
die bruidspaar eers weer vir oulaas, want weereens moet hulle die aand al ry na 
die bruidegom se ouerhuis toe vir die onthaal die sondag by sy huis. Toe hulle 
terugkom is hulle in wit en blou, die tradisionele kleure van die Tswana, 
aangetrek. Ons het toe lekker nagereg gehad, nogal trifle! Toe vra ons mos nou 
die pad uit daai doolhof uit......

You turn left there (beduie met regterhand na regs) then you go straight. Fah 
fah fah fah. Then you get the robot. But that robot doesn't wêk. (No shit 
Sherlock!). There you turn e-raaaaaait. (Beduie nou met linkerhand). Then you 
just carry on. Nadat ons toe nou 8 uur in die pikdonkernag in die township 
rondgery het met 'n pap selfoon wat nie wil GPS optel nie, oor slote en dongas 
met 'n Volvo wat "hijack my asseblief" uitgil, besef ons later ons is in ons 
moere in verdwaal. Die selfoon is in die kar se charger ingeplug, maar daar is 
geen sein nie. Daar is ook bitter min petrol in die kar. 35km oor om te gaan op 
die tenk. Op hierdie stadium help dit nie om mekaar te vergil of te verwyt nie, 
want nie een van ons het 'n beter plan nie. Daar is orals mense in die pad. By 
taverns en shebeens en sale en huise word gekuier. Orals brand vure in konkas en 
word vleis gebraai. Kinders en bokke hardloop vryelik oor die pad. Maggie hou 
toe soort van kop en kry die spoor terug na waar ons die eerste keer links 
gedraai het, en daar draai sy toe regs. Ek is op daai stadium besig om my "final 
will and testament" op die agterkant van 'n petrolslippie neer te pen. Ek skip 
toe maar daai deel wat sé "ek hester wilhelmina hoffmann, being of sound 
mind....", want op daai stadium is ek gladnie "of sound mind" nie. Inteendeel. 
Ek is bitter naby aan 'n full blown panic attack. Genadiglik kom ons toe by 'n 
groterige pad uit en kort daarna sien ons 'n garage. Cash only. Die grootste 
deel van ons cash lê in die houtbak op die altaar van die Evangelical Lutheran 
Church in Thlabane, Bethlehem Parish om presies te wees. Maar so skraap ons R110 
bymekaar en gooi petrol in. Daai fuel guage beweeg nie eers nie. En dis nog 
seker 100km huistoe. So ry ons toe maar op brights en teen 60km/h terug 
Swartklip toe. Lekker troue gehou.

'N paar gewaarwordinge? Die meeste mense is dieselfde. Die meeste mense lag vir 
dieselfde goed en vind dieselfde goed amusant. Moenie vir een oomblik dink "jou" 
kultuur is noodwendig die beste nie. Jou kultuur is net "anders", dis nie 
noodwendig "beter" nie. Wat maak dit anyway nou so spesiaal dat die bruidegom sy 
kop onder die bruid se trourok indruk en haar kousband met sy tande verwyder, en 
dit dan agter oor sy kop na die mans gooi en die een wat hom vang gaan volgende 
trou? Regtig? Van 'n "sense of community" en van families en bure wat saamstaan 
en almal in-pitch om 'n ongelooflike bruilof te hou.....van dit moet ons nog 
baaaaaaaie leer. Op geen stadium het ons bedreig gevoel of onveilig gevoel nie. 
Ons is op die hande gedra, om die minste te sé! As enige van julle 'n halwe kans 
kry om enige geleentheid by te woon van 'n ander kultuurgroep, gryp die kans met 
altwee hande aan! 

More gaan ek julle vertel hoe het ek uitgemaak met Nola se boyfriend sonder dat 
Nola geweet het daarvan.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking