2014-09-12

My naam is Hester….

My naam is Hester Hoffmann. Ek is 52 jaar oud en woon op Swartklip. 
The name says it all. Hulle kon maar die "klip" gedeelte selfs gelos het. 
Die plek sal nie eens op Google Earth gekry word nie.
Eintlik kon Al Kaida vir Osama bin Laden hier in my huis kom versteek het, 
want die jirre weet niemand sou hom hier kom soek het nie. 
Anyway, ek dwaal af. Dis 'n myndorp. Ek hoef niks meer te sé nie. 
Die enigste rede vir hierdie blog is dat dit my beste vriendin, 
wat ek nog nooit ontmoet het nie maar wel intiem ken, se laaste desperate 
poging is om my van selfmoord te weerhou. Obviously sodat sy my dalk
eendag in lewende lywe kan ontmoet. Sy bly in Windsor.Sy was saam met
my vrou (ja, daai is 5 stories op hulle eie) op skool.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking