Ek weet hierdie fliek is ou nuus en almal het hom seker al gesien, maar hier op Swartklip is ons mos 'n jaar agter met alles! So kyk maar as jy hom kan kry op box office of in 'n dvd winkel. (Is daar nog dvd winkels?) Cate Blanchett het verlede jaar die Oscar gewen vir "Best female actress" vir haar vertolking van Jasmine French in hierdie fliek. Toe ek sien Woody Allen is die skrywer en regisseur, toe is ek nie baie lus vir die movie nie, want eks te dom om sy goed te verstaan. Maar al kyk jy nou NET om te sien hoe welverdiend daai Oscar was, dan het jy ook nou nie jou tyd gemors nie! Dis ongelooflik hoe daai vrou voor jou oë verander van 'n selfversekerde miljoenêrsvrou met die wêreld aan haar voete, na 'n kwylende, onseker, amper "homeless person". Dis ongelooflik hoe party mense eenvoudig nie kan verantwoordelikheid vat vir hul dade nie, hoe hulle neersien op ander, selfs lank nadat hulle in 'n veel slegter posisie is as daardie mense!!!! Dis ongelooflik hoe party mense NIKS is as hulle geld en rykdom van hulle gestroop word nie! Hoe dit hulle absoluut definieer. Alec Baldwin is uitstekend as haar man. Wees net bedag daarop dat die fliek sonder waarskuwing heen en weer spring tussen die hede en die onlangse verlede, maar moenie worry nie, dis gladnie steurend nie. Kyk net uit daarvoor. Al is dit nie 'n swaar of donker fliek nie, het ek nog vir 'n hele ruk daarna gedink oor die verskillende moontlike interpretasies van die storie. Ek kan hierdie fliek absoluut aanbeveel en gee dit 3,5 sterre uit 5! Ek sou dit 4 sterre gegee het as ek presies kon weet wat het "na" die einde gebeur, maar dit het nou niks te doen met die fliek nie, dis nou net omdat ek 'n control freak is!!!!
2014-09-23
Movie review - Blue Jasmine
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
En die naam van die fliek is ...?
AntwoordVee uit